Namakwaland Toer
 
 
 
 

Namakwaland Toer

Namakwaland is waar ‘n mens die natuur op ‘n besondere en buitengewone wyse kan ervaar. Begrens deur die Garieprivier aan die noorde en die koel Atlantiese oseaan aan die weste, strek hierdie skoonheid tot by Pofadder aan die ooste en Garies aan die suide.

Dit was eens die jagveld van die boesman, met wonderlike verhale van oorlewing in ’n onvriendelike en ontoegeeflike wêreld, totdat die reëns kom en alles in ’n ongekende blommeprag ontvou.

Net so vinnig soos die blommeprag ontstaan het, kan die genadelose ooste wind alles oornag wegvee. Dit is die koninkryk van kontraste.

Kom beleef die geskiedenis wat begin waar u vertrek en ervaar die verandering van die natuur, hard, maar pragtig.

Dag 1: Johannesburg Kimberley 478km

Vertrek redelik vroeg van Johannesburg of Pretoria en in ’n westelike rigting. Hierdie weg neem ons deur die vlaktes van die ou Wes Transvaal, oor die Vaalrivier. Ons stop meermale onderweg en oornag in Kimberley in een van die ou statige hotelle. Ons onderneem ’n kort stadstoer van Kimberley en ervaar die glorie van die sosiale wat gevolg het op die ontdekking van diamante.

Dag 2: Kimberley Upington 400km

Geskiedenis lê dik gesaai op die R64 wat van Kimberley weswaarts loop oor plekke met name soos Schmidtsdrift, Campbell, Griekwastad, Boegoeberg tot by Upington. Alreeds hier kan ons van die Kalahari sandduine langs die pad sien en as ons gelukkig is gemsbokke en springbokke. Ons oornag in Upington.

Dag 3: Upington Springbok 400km

As ons eers verby die besproeiing plase is, lê Namakwaland voor ons. Reeds van Bladgrond moet ons op die uitkyk wees vir veldblomme. Ons hoop dat vanjaar die seisoen lank sal wees en die Oostewind sal wegbly. Ons ry by plekke verby met name van weleer, soos Pofadder, Pella en Aggeneys, tipiese name van Boesmanland. Ons oornag op Springbok.

Dag 4: Springbok en omgewing 300km.

Na ontbyt neem ons ons kospakkies en van die vlaktes in, gewapen met kamaras en baie films.Watter rigting ons gaan ry sal afhang van waar die meeste blomme is. Ons oornag weer op Springbok.

Dag 5: Springbok Augrabieswaterval 400km

’n Rustige oggend en ons maak vir oulaas ’n draai deur Springbok en kies koers na Augrabieswaterval. Die Augrabieswaterval lê in die Garieprivier en is bekend vir die donderende geraas wat die watermaak. Ons ontspan onder die Kalahari nagruim en sit gesellig om ’n tipies bosveldvuur. Ons oornag in die Augrabies Nasionale Park.

Dag 6: Augrabies Kimberley 480km

Ons reis weer op dieselde roete terug tot in Kimberley. Daar sal genoeg tyd wees om die Magersfontein Slagveld te besoek. Op ’n koppie by Magersfontein kan ons op ’n kaart sien hoe die Boere die veldslag beplan het en hoe die Britse troepe probeer het om van die geweldige aanslag weg te kom. Ons oornag weer in Kimberley.

Dag 7: Kimberley Bloemfontein Johannesburg 680km

Na ontbyt vertrek ons na Boshoff, Dealsville en Bloemfontein. In Bloemfontein gaan ons op ’n besoek aan die Vroue Monument en keer daarna terug na Johannesburg.

Die toer is gemik op die geskiedenis van die plekke waardeur ons reis en die skoonheid van die Kalahari en Namakwaland.

Die groepe kan wissel van minimum 8 persone tot maksimum 25.

Prys sluit in alle vervoer, gedeelde akkommodasie, 3 maaltye per dag toegang waar nodig, maar sluit uit koffie /tee en drankies, telefoon en wasgoed.

Enkel akkommodasie is beskikbaar op navraag.

Best under the African sky. You’ll love where we take you.

 

You’ll love where we take you.

Best under the African sky.

243 Le Bonheur, Von Willich Ave

Die Hoewes, Centurion

Contact Number: 082 881 2690

Email: info@pridesafaris.co.za

Warning: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/pridenbhem/site/wp-content/plugins/ddpro/main/custom-templates/footers.php on line 11 Warning: Trying to access array offset on value of type bool in /usr/www/users/pridenbhem/site/wp-content/plugins/ddpro/main/custom-templates/headers.php on line 13